Omaanse nasionale krieketspan

Oman
Kenteken van die Omaanse nasionale krieketspan
KonferensieOman Krieket (OC)
Personeel
KapteinAqib Ilyas
AfrigterVlag van Sri Lanka Duleep Mendis
Internasionale Krieketraad
IKR-statusAssosiaatlid met EDI-status (2014)
IKR-streekAKR (Asië)
IKR-ranglys Tans[1] Beste rang tot dusver
EDI18de13de (1 Mei 2020)
T20I19de14de (20 Oktober 2019)
Internasionale eendagwedstryde
Eerste EDIt Vlag van Namibië Namibië op Wanderers-krieketgrond, Windhoek; 27 April 2019
Laaste EDIt Vlag van Wes-Indië Wes-Indië op Harare Sportklub, Harare; 5 Julie 2023
EDIs Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[2]4623/21 (50,00%)
(1 gelykop, 1 onbeslis)
Vanjaar[3]00/0
(0 gelykop, 0 onbeslis)
Krieketwêreldbeker-verskynings0/13
Wêreldbeker-
kwalifiserings
4 (eerste in 2005)
Beste uitslag6de plek (in 2023)
Kampioenetrofee-verskynings0/9
Twintig20s
Eerste T20It Vlag van Afghanistan Afghanistan op Castle Avenue, Dublin; 25 Julie 2015
Laaste T20It Vlag van Engeland Engeland op Sir Vivian Richards-stadion, North Sound; 13 Junie 2024
T20Is Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[4]8340/40 (48,19%)
(2 gelykop, 1 onbeslis)
Vanjaar[5]189/8
(1 gelykop, 0 onbeslis)
T20I-wêreldbeker-verskynings3/9 (eerste in 2016)
Beste uitslagEerste rondte (in 2016, 2021 en 2024)
T20I-wêreldbeker-
kwalifiserings
5 (eerste in 2012)
Beste uitslagKampioen (in 2023)
EDI- en T20I-klere

Die Omaanse nasionale krieketspan (Arabies: منتخب سلطنة عمان للكريكت) is die nasionale krieketspan wat Oman in internasionale krieket verteenwoordig. Hulle word bestuur deur Oman Krieket (OC, van Engels: Oman Cricket) wat in 1979 gestig is. Hulle het in 2000 ’n geaffilieerde lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) en in 2014 ’n assosiaatlid geword.[6] Die nasionale span het wedstryde op T20I-vlak gespeel. Op 24 April 2019 het Oman vir die eerste keer tot in 2022 EDI-status ontvang, nadat hulle die gasheer Namibië met vier paaltjies tydens die Wêreldkrieketliga se afdeling twee 2019 kon klop.[7]

Oman het tydens die AKR-trofee 2002 sy eerste internasionale wedstryde gespeel, en die span het aan baie AKR-toernooie deelgeneem, tydens die AKR-trofee 2004 as naaswenner geëindig en twee keer die AKR T20I-beker gewen. Oman het aan krieketwêreldbekerkwalifiseringstoernooie deelgeneem sonder om vir die uiteindelike toernooi te kwalifiseer, die negende plek tydens die IKR-trofee 2005 behaal en elfde tydens die 2009-wêreldbekerkwalifisering geëindig. In Julie 2015 het Oman met sy oorwinning oor Namibië tydens die T20I-wêreldbekerkwalifisering 2005 T20I-status behaal en vir die T20I-wêreldbeker 2016 in Indië gekwalifiseer, sy eerste deelname aan ’n vername internasionale toernooi.[8]

In April 2018 het die IKR besluit om aan al sy lede volle T20I-status toe te ken. Vervolgens sal al die T20I-wedstryde wat Oman ná 1 Januarie 2019 teen ander IKR-lede speel, as ’n volle T20I erken word.[9] Oman is tans (Julie 2024) 18de op die eendagranglys en 19de op die Twintig20-wêreldranglys.[10][11]

  1. (en) "ICC Rankings". Internasionale Krieketraad.
  2. (en) "ODI matches – Team records". ESPNcricinfo.
  3. (en) "ODI matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  4. (en) "T20I matches – Team records". ESPNcricinfo.
  5. (en) "T20I matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  6. (en) "Oman becomes International Cricket Council associate member". Times of Oman. 26 Junie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 November 2015. Besoek op 18 November 2015.
  7. (en) "Oman and USA secure ICC Men's Cricket World Cup League 2 places and ODI status". Internasionale Krieketraad. 24 April 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Maart 2023. Besoek op 26 Maart 2023.
  8. (en) Peter Della Penna (23 Julie 2015). "Oman secure World T20 spot with memorable win". ESPNcricinfo. Besoek op 7 Julie 2024.
  9. (en) "All T20 matches between ICC members to get international status". Internasionale Krieketraad. 26 April 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Oktober 2023. Besoek op 3 Oktober 2023.
  10. (en) "Men's ODI Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 2 Mei 2024. Besoek op 7 Julie 2024.
  11. (en) "Men's T20I Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 2 Julie 2024. Besoek op 7 Julie 2024.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search